Oud en jonk kom byeen.
Die Aberdeen-legendes het onlangs ’n 30-jaar-reünie vir oudspelers en administrateurs by die Robinvale-sportsaal gehou.
Die gala-aand het ’n dinee en prysuitdeling ingesluit. Ander aktiwiteite oor die naweek het ’n familiedag, afrigtingskliniek vir junior spelers asook vriendskaplike wedstryde tussen oud en huidige spelers ingesluit.
Opbrengs van die naweek is aan die klub geskenk vir die aankoop van nodige toerusting.