Adrian Oliphant kry ’n reusetitel

Adrian Oliphant is die 25-jarige jong man van Atlantis wat stof in meer as 27 deelnemers se oë geskop het toe hy on­langs as Mnr. Wes-Kaap 2019 gekroon is.


Adrian Oliphant is die 25-jarige jong man van Atlantis wat stof in meer as 27 deelnemers se oë geskop het toe hy on­langs as Mnr. Wes-Kaap 2019 gekroon is.

By dié seremonie Saterdag 27 Oktober in Franschhoek het Oliphant se persoonlikheid en talente hom die topprys verower.

Hy sê dis vir hom ’n groot eer en voorreg om die titel te dra en beoog om verder te gaan deur volgende jaar aan Mnr. Suid-Afrika deel te neem.

Mnr. Wes-Kaap verduidelik die kompetisie gaan oor meer as net om aantreklik te wees.

“Dit gaan oor om ’n verskil in jou gemeenskap te maak en dit is presies wat ek wil doen. Ek het ’n prys ontvang vir die meeste liefdadigheidswerk van al die deelnemers,” sê Oliphant.

Hy meen daar was strawwe kompetisie by vanjaar se geleentheid, maar sê hy is seker dit is sy persoonlikheid wat hom die eerste plek laat kry het.

Wat sal hy nou met sy tyd en titel doen?

“Ek wil graag ander motiveer om hul drome te verwesenlik en meer betrokke te raak in die gemeenskap.”

You need to be Logged In to leave a comment.