Die visie van die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) is om gekenmerk te word as “die plek waar Afrika se groen ekonomie groei”.

Dit is ook in ons leuse opgeneem, maar wat beteken dit in die praktyk en hoe beïnvloed dit wat die Asez doen?

Die beste manier om dit te verduidelik, is om dit op te breek:

Die eerste gedeelte gaan oor die plek self – Atlantis. Atlantis is meer as net die sone, die grond en die eiendom. Dit sluit in die mense en die gemeenskap wat Atlantis maak wat dit is en wat dit sal word. Dit sluit die nywerheidsgebied asook die breër Atlantis-omgewing in.

As ’n maatskappy belê die Asez in die dorp sowel as sy mense. Dit is die grondslag waarin die groenekonomie sal groei.

Die tweede gedeelte van die visie verwys na die groenekonomie, wat handel met vernuwende denkwyses en die huidige manier van vervaardiging, dienslewering en ekonomiese aktiwiteite na iets wat meer volhoubaar is.

Om ’n meer volhoubare ekonomie te hê, beteken minder hulpbronne moet in die prosesse van vervaardiging gebruik word – dus die versekering dat genoeg hulpbronne vir die volgende geslagte beskikbaar sal wees.

Dit verseker ook dat vervaardigingsafval hergebruik word in wat as nywerheidsimbiose gekenmerk word.

Volhoubaarheid draai nie net om spaarsamige gebruik van hulpbronne nie, maar verseker ook dat die voordele van ekonomiese aktiwiteite gedeel word en dat mense en klein ondernemings in die gemeenskap aktief aan hierdie ekonomiese aktiwiteite deelneem en voordeel daaruit trek.

Dus, inklusiewe vooruitgang.

Ons weet vir die onthalwe van vandag se geslagte en hul kinders moet ons ’n manier vind om volhoubaar te vervaardig en te lewe.

Ons moet dus verseker dat die gehalte van lewe vir alle mense verbeter. Ons weet dalk nie altyd hoe om hierdie doelwitte te bereik en hoe presies ’n volhoubare toekoms lyk nie, maar ons streef daarna om dit met die huidige hulpbronne tot ons beskikking te láát werk.

Die Asez gaan oor hierdie uitdaging en die leerwyse hoe om volhoubaarheid te bewerkstellig. Dus is ons visie ‘‘die plek waar Afrika se groenekonomie groei”.

Tot volgende keer.

You need to be Logged In to leave a comment.