ATKV Crescendo CD in Atlantis bekend gestel

Grensloos. Dit is die naam van die ATKV Crescendo CD wat Saterdag 10 Desember by Wesfleur Primêr se skoolsaal bekend gestel is.


Grensloos. Dit is die naam van die ATKV Crescendo CD wat Saterdag 10 Desember by Wesfleur Primêr se skoolsaal bekend gestel is.

Ná die ongelooflike sukses van die projek en die uitsonderlike talent van die finaliste in Crescendo 2015 en 2016, het die ATKV besluit om die eerste in ’n reeks CD’s uit te reik.

Grensloos was ook die titel van vanjaar se Crescendo-finaal. Die album bevat opnames van die 2015-finaliste se eie komposisies en gee ook ’n voorsmakie van 2016 se talent.

Pedro Kruger en Hemelbesem was die seremoniemeesters en die konsert het opvoerings deur die finaliste en Hemelbesem, YoMa en van die mentors ingesluit.

Francis Brown, oftewel antie Kippie, soos sy bekend staan in die gemeenskap, is een van die plaaslike sangers wie se liedjie, Bruin kind, op die album verskyn. Die musiekvideo vir die lied is ook verlede maand bekend gestel op YouTube.

Die doel van die CD is om, nes die ATKV-Crescendo-projek, blootstelling te gee aan nuwe kunstenaars en nuwe klanke. Bestellings vir CD’s kan direk by die ATKV geplaas word. Dit kos R80 vir ATKV-lede en R100 vir nie-lede van die ATKV. Bestellings kan geplaas word by crescendo01@atkv.org.za.

You need to be Logged In to leave a comment.