Atlantis-gholfklub het Sondag 26 Februarie hul algemene jaarvergade-ring by die Atlantic Beach-gholfklub gehou.

Van die sleutel-items wat by die vergadering bespreek is, is die rol van die gholfklub in die Atlantis-gemeen-skap en omgewing. Ook moet die junior spelers vermeerder word en daar moet dringend aandag aan senior en junior vroue gholfspelers gegee word.

By die vergadering is die nuwe bestuur vir 2017-’18 aangewys; Stanley Matthews (voorsitter), Nick Januarie (ondervoorsitter) en Ettienne Bowers, Mark Cloete, Carl Mentor, Sedick Daniels en Ricardo Lukas is as addisionele lede aangewys.

Bekende sportjoernalis, Robin Adams, was die gasspreker by die ver-gadering. Adams het gesê die klublede moet saamwerk as ’n eenheid. Hy het ook gesê daar is geen rede hoekom die volgende PGA-kampioen nie uit Atlantis kan kom nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025
    WeskusNuus E-Edition – 11 November 2025