Atlantis-krieket loop nou stert in die lug

Atlantis-krieket loop weer stert in die lug ná twee skitterende agtereenvolgende wegoorwinnings kort na mekaar.


Atlantis-krieket loop weer stert in die lug ná twee skitterende agtereenvolgende wegoorwinnings kort na mekaar.

Die Baggy Blues het Saterdag 1 Desember die span van Kensington op eie bodem met 145 lopies geklop. Die besoekers het eerste gekolf en ’n goeie 248/9 behaal en daarna die tuisspan almal terug in die kleedkamers gehad vir 103 lopies.

Atlantis het in sy volgende wedstryd teen Bellville-Suid in die wedstryd ook eerste gekolf en het die tuisspan ’n teiken van 217 lopies gestel. Die span se boulers het weer die kolwers se goeie werk verdedig en het die tuisspan almal uitgeboul vir 157 vir ’n oorwinning van 59 lopies.

Kurt Julies, aanvangskolwer van die Baggy Blues, het in die wedstryde met die kolf gefaal, maar het goed vertoon met die bal en het vyf paaltjies in die twee wedstryde geneem.

Die span se openingspaar kon in die twee wedstryde slegs tien lopies bymekaarskraap wat beslis die keurders slapelose nagte sal gee. Die span sal nou ’n ruskans geniet vir die feestyd voordat hy weer volgende jaar die liga hervat.

You need to be Logged In to leave a comment.