Atlantis-krieket wys sy sterre aan

Atlantis-krieketklub het Vrydag 28 April by Robinvale-sportveld sy spelers vereer vir hul goeie spel die afgelope seisoen.


Atlantis-krieketklub het Vrydag 28 April by Robinvale-sportveld sy spelers vereer vir hul goeie spel die afgelope seisoen.

Die eerste span het die eendag- en T20 semi-finale gehaal, terwyl die vrouespan na die Premier Liga sal opskuif ná dié span die Westelike Provinsie Promosieliga gewen het. Wyle Rochelle Apollis is ook by die Baggy Blues-bekeruitdeling vereer vir haar rol in die Baggy Ladies se sukses.
Die volgende spelers het erkenning gekry:

  • Sportman van die jaar – Reagan Adonis
  • Speler van die jaar asook beste eendagspeler – Justin Rooibaadtjie
  • Eerstespankolwer van die jaar en die spelers se speler van die jaar – Shane Summers
  • Eerstespanbouler van die jaar – Ashley Goliath
  • Eerstespan-T20-speler van die jaar – Jevon Cloete
  • Tweedespankolwer van die jaar – Jason Margerman
  • Tweedespanbouler van die jaar – Aziz Adams
  • Derdespankolwer van die jaar asook opkomende speler – Carlo Solomons
  • Derdespanbouler van die jaar – Willie Pienaar
  • Beste jongspeler van die jaar – Thayden Slavers
  • Vroueveldwerkspeler van die jaar – Tamia Mulligan
  • Vrouebouler van die jaar – Janice Aexander
  • Vrouekolwer van die jaar – Liezel Philander
  • Vrouespeler van die jaar – Amelia Williams

You need to be Logged In to leave a comment.