Atlantis kry eersdaags sy eie skaatsplankbaan

Fase 1 van ’n nuwe skaatsplankbaan vir Atlantis is in volle swang.


Fase 1 van ’n nuwe skaatsplankbaan vir Atlantis is in volle swang.

Die langverwagte skaatsplankbaan word by die Protea Park-sportveld opgerig.

Volgens wyksraadslid, Barbara Rass, sal die projek met ’n beraamde koste van sowat R400 000 teen Desember afgehandel wees.

“Ek het R180 000 van my begroting bewillig vir die projek en ’n verdere R200 000 sal vir fase 2 van die projek bewillig word.”

Rass sê die oprig van die skaatsplankbaan kom ná verskeie versoeke deur gemeenskapslede.

“Ek het nooit geweet dat hier so baie skaatsplankryers in Atlantis is nie en het besef die jongspan is ernstig toe hulle ’n petisie aan my oorhandig het.

“Hierdie is slegs een manier hoe jong mense van die strate en verkeerde aktiwiteite kan wegbly, en daarom het ek nie twee keer gedink nie.

“As raadslid moet ek die groep ondersteun.

“Ek is deur ’n professionele skaatsplank-ryer genader om ook hand by te sit met die opleiding van skaatsplankryers,” sê Rass.

Vir Rass was dit ook ’n riem onder die hart om te sien plaaslike kontrakteurs is betrokke by die projek.

You need to be Logged In to leave a comment.