Atlantis-rugbyklub op die wenpad

Atlantis-rugbyklub het Saterdag 19 Mei Young Brothers van Gugulethu op die Proteapark-sportveld 36-12 geklop.


Atlantis-rugbyklub het Saterdag 19 Mei Young Brothers van Gugulethu op die Proteapark-sportveld 36-12 geklop.

Die tuisspan, wat rustyd nog 8-12 agter was, het in die tweede helfte skitterende rugby gespeel. Die besoekers het die tuisspan reeds vroeg met ’n verdoelde drie onder druk geplaas.

Die tuisspan het egter self ’n paar gulde geleenthede deur die vingers laat glip om agter die besoekers se doellyn te gaan kuier.

Die besoekers, wat 12-0 voor was, het met net een doel voor oë gespeel, maar die tuisspan het soos ’n dieselenjin op ’n koue oggend stadig aan die gang gekom en die besoekers moes verdedig vir al wat hulle werd was.

Die tuisspan was teen rustyd ná ’n strafskop en ’n onverdoelde drie terug in die prentjie.

Atlantis het kort ná die aanvang van die tweede helfte die agterstand met nog ’n strafskop tot een punt laat krimp.

Die tuisspan se voorspelers het daarna die grondslag vir goeie balbesit aan die agterlyn gelê en die besoekers het geen antwoorde op die tuisspan se raaisels gehad nie. Atlantis het die naweek ’n ruskans geniet voor hul volgende wedstryd.

. Young Hearts van Pella het ná sy verrassende tuisnederlaag teen Vredenburg die span van St. Helenabaai in ’n wegwedstryd 21-17 geklop. Die span van Ruben Abels het ook ’n ruskans geniet voordat die span die voorloper in die streek, Saldanha, aanstaande naweek tuis sal pak. Young Hearts het in dié twee spanne se laaste kragmeting hier gewys dat geen span op die grafkelder kan kom maak wat hy wil nie en die Baaienaars begrawe.

. Mamre speel deesdae ook wenrugby en die span het met Paternoster in ’n wegwedstryd afgereken. Die groentruie se 30-27-oorwinning oor die kreefvangers het die span uit die agtersone van die punteleer laat skuif. Mamre het Saterdag op sy tuisveld karakter en veggees teen Velddrif getoon. Die besoekers, wat rustyd 17-10 voor was, het self ’n paar gulde geleenthede om die wedstryd te verseël, verspeel. Die tuisspan het egter nooit opgegee nie en met die telling 17 elk het al twee spanne verwoed aangeval, maar goeie verdediging of hanteerfoute het goeie bewegings laat skipbreuk ly. Mamre het kort voor die eindfluitjie daarin geslaag om die oorwinning te verseker deur ’n verdoelde drie aan te teken.

Die groen truie pak Vredenburg Saterdag in ’n wegwedstryd

You need to be Logged In to leave a comment.