Atlantis-rugbyklub weer op die wenpad

Atlantis-rugbyklub het Saterdag op sy tuisveld teen Rocklands, Mitchells Plain te staan gekom en die besoekers 23-17 geklop.


Atlantis-rugbyklub het Saterdag op sy tuisveld teen Rocklands, Mitchells Plain te staan gekom en die besoekers 23-17 geklop.

Die tuisspan het die besoekers met goeie verdediging op die agtervoet gehou.

Atlantis, wat eerste bloed geruik het met ’n onverdoelde drie, het die besoekers egter toegelaat om sake gelyk te maak en die spanne het gaan water drink met die telling op vyf punte elk.

Die tweede helfte het baie opwinding opgelewer en die tuisspan het al meer in die besoekers se gesig gespeel wat hulle gedwing het om foute te maak wat in punte omgeskep is. • Spanne gaan eers rus oor die Paastyd, wedstryde word op 27 April hervat. • Atlantis-rugbyklub het sy WP-ligaverpligtinge Saterdag 7 April teen Northerns van Elsiesrivier tuis afgeskop. Die tuisspan was rustyd 0-30 agter en hoewel hy ’n skitterende tweede helfte gehad het, kon Atlantis steeds nie die knoop deurhaak nie.

Die tuisspan kan egter met vertroue uitsien na die res van die seisoen hoewel hy 21-41 vasgeval het.

Hamlets het ook sy veldtog in die WP B-afdeling met ’n nederlaag begin nadat die span in ’n wegwedstryd 22-31 teen Belhar vasgeval het. Hamlets het ’n blaaskans geneem en sal ná die Paasnaweek weer in aksie wees.

You need to be Logged In to leave a comment.