Die Swag United-dansgroep van Atlantis se juniors het Saterdag 25 Mei behoorlik stof in die oë van ander dansgroepe in die junior kategorie van die Ashley Pienaar Produksies-danskompetisie in Ravensmead geskop. Agter staan Cee-Jay Bali, Ethan Sassman, Jamian Booys, Keith Pieters. Voor sit Skyler Adriaanse, Shakirah Adriaanse, Williche Oliphant, Nadrial Oliphant en Denica Jonkers, wat die eerste plek verower het.