Dit is baie opwindende tye vir die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (ASEZ) en vir Atlantis.

Die ASEZ het siviele tenders vir Sone 1 op 30 September gesluit. Ons het altesaam 11 voorstelle ontvang. Dit word tans geëvalueer, so hou hierdie ruimte dop vir nuus daaroor. Sodra die hoofkontrakteur aangestel is, sal ons begin om die eerste groep kleinondernemings aan te stel.

Die Stad Kaapstad het ook vir tenders vir die installering van ’n sonkrag-park in Atlantis adverteer. Dit is ’n baie opwindende ontwikkeling wat ons ondersteun en aanmoedig.

Die Stad Kaapstad het ook met ’n behuisingsprojek in Kanonkop begin.

Die Atlantis SEZ het ook ’n paar groot mylpale om te deel.

Ons het twee skoon oudits sedert ons stigting gehad, twee finansieringsaansoeke is deur die DTIC ASEZ-fonds goedgekeur – een vir siviele werk en een vir ’n fabriek. Ons het drie nuwe eiendomme wat van die Stad Kaapstad na die ASEZ oorgeplaas word en 278 mense het vaardigheidsontwikkeling en opleiding ondergaan. Ons programme het vanjaar al 896 verskillende mense en ondernemings beïnvloed.

Ons kommunikeer daagliks met potensiële beleggers en ontvang gereeld besoekers by die ASEZ – met byna 140 reeds net in hierdie boekjaar.

Ons het 12 beleggers in ons A-lys-pyplyn en het meer as 20 verskillende beleggingsgerigte geleenthede aangebied of bygewoon.

Met al hierdie gebeure het ons gehoor dat sommige mense hulle as werknemers van die ASEZ voorstel en werk en kontrakteerwerk aanbied. Ons moet die publiek egter waarsku dat dit in sommige gevalle waarskynlik juis nié wettige Atlantis SEZ-werknemers is nie.

Wees versigtig as iemand iets aanbied wat te goed klink.

Soms kan dit moeilik wees om te sê. Die beste ding is om die SEZ direk te kontak. Jy kan die betrokke departement by die onderstaande e-posadresse kontak:

Algemene navrae: info@atlantissez.co.za

Vaardigheidsontwikkeling: skills@atlantissez.co.za

Ondernemingsontwikkeling: admin@atlantissez.co.za

Gemeenskapsintegrasie: hello@atlantissez.co.za

Ons het al ’n lang pad gestap, en ons begin nou sien dat dinge in die regte rigting beweeg.

Baie meer moet egter nog gedoen word, maar die toekoms lyk groen.

Laat ons aanhou vorentoe druk en saamwerk na daardie groen ster.

Tot volgende keer,

Matt Cullinan, waarnemende ASEZ-hoof.

You need to be Logged In to leave a comment.