Atlantis-SEZ nooi publiek na terugvoervergadering

Die Atlantis Special Economic Zone (ASEZ) nooi die gemeenskap van Atlantis na ’n openbare terugvoervergadering Donderdag 18 Julie.


Die Atlantis Special Economic Zone (ASEZ) nooi die gemeenskap van Atlantis na ’n openbare terugvoervergadering Donderdag 18 Julie.

Die geleentheid sal 17:30 by die Robinvale-gemeenskapsaal gehou word.

Die breër gemeenskaps-terugvoervergadering sal terugvoer insluit oor verwikkelinge met betrekking tot die ASEZ, en sal ook dien as die bekendstelling van die nou ten volle saamgestelde gemeenskapsverteenwoordigende struktuur, die Atlantis SEZ- gemeenskapsbelangegroepe-netwerk (ASEZ-GBN).

Die rol van die ASEZ-GBN is om te dien as ’n kanaal tussen the Atlantis-gemeenskap en die ASEZ. Die ASEZ-GBN, deur interaksie met die ASEZ, is daar om toe te sien dat die kollektiewe belange en bekommernisse van al die verteenwoordigde sektore deur die ASEZ in ag geneem word. Dit sluit in ekonomiese geleenthede vir gemeenskappe, kapasiteit bou en vaardigheidsontwikkelings-geleenthede.

Vir meer inligting, of om te RSVP, kontak gerus die ASEZ-kantoor by 021 577 2719 of stuur ’n e-pos aan Charlotte Perang by charlotte@green-cape.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.