Atlantis sneuwel

Atlantis-krieketklub het 18 en 25 Maart teen Macassar te staan gekom in ’n Westelike Provinsie 1C-wedstryd op Robinvale-sportveld.


Atlantis-krieketklub het 18 en 25 Maart teen Macassar te staan gekom in ’n Westelike Provinsie 1C-wedstryd op Robinvale-sportveld.

Maccassar het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Goeie boulwerk deur Kurt Julius 3-22, Shane Summers 2-14 en Ashley Goliath 2-21 het gesorg dat die besoekers 20 minute voor die etenspouse uit is vir 113 lopies. Baggy Blues het geantwoord met 191 lopies in hul eerste beurt. Regan Adonis het 50 lopies aangeteken, Summers 46 en Goliath 43. Atlantis het weer vir Maccassar op die eerste dag in die tweede beurt uitgeboul vir 166 lopies. Eldine Goliath 3-23 en Julius 3-27 het die paaltjies ingeoes. Atlantis is die taak gelaat om 88 lopies vir ’n oorwinning aan te teken. Teen uitskeityd was hulle 14/3 kniediep in die moeilikheid. Die wedstryd is Saterdag 25 Maart voortgesit. Die Baggy Blues se kolforde het heeltemal ineengestort en kon hulle net 77 lopies aanteken. Maccassar het die wedstryd met 11 lopies gewen.

  • Atlantis het Dinsdag 21 Maart hul Westelike Provinsie 1b/c eendag-finaal teen Northerns Goodwood met 7 paaltjies verloor. Goodwood het die loot gewen en tweede gekolf. Die wedstryd het ’n uur laat begin, weens ’n nat kolfblad, en elke span het net 42 boulbeurte gekry. Atlantis se Justin Rooibaadtjie (49) en Shane Summers (24) het soos ’n sneltrein begin en 66 lopies in slegs 6 boulbeurte vir die eerste paaltjie behaal. Krisnan Oosthuizen (32) en Regan Adonis (20) het noemenswaardige tellings behaal. Atlantis kon 152 lopies in 26 boulbeurte behaal. Goodwood het in 32 boulbeurte gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.