Atlantis van die begin onder druk

Atlantis-krieketklub het Sater­dag 17 November die span van Elsiesrivier in ’n tuiswed­stryd met 27 lopies geklop.


Atlantis-krieketklub het Sater­dag 17 November die span van Elsiesrivier in ’n tuiswed­stryd met 27 lopies geklop.

Die tuisspan het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die Baggy Blues se toporde het nie teleurgestel nie en die tuisspan het op 27/3 gesteier.

Atlantis se Rodger August en Kurt Julius het op hul beurt vasgeskop en vir ’n 50-lopie-vennootskap gesorg voordat Julius vir 13 uit is. August en die nuweling, Marcellino Baad­jies (32), het daarna die telbord aan die rol gehou met ’n goeie lopievennootskap van 95.

August het behoorlik onder die besoekers se boulers inge­klim en het uiteindelik 112 lopies aangeteken.

Die besoekers het ’n gulde geleentheid deur hul vingers laat glip om die tuisspan vir baie minder uit te boul en August is ’n tweede lewe op 53 gegee toe hy mis gevang is.

Die middelordekolwer het daarna die besoekers se boulers laat les opsê en die tuisspan het ’n teiken van 227 gestel.

Christopher Links 20* was die ander kolwer wat enige weerstand kon bied terwyl die stertkantkolwers se paaltjies die een na die ander getuimel nie. Atlantis se boulers en goeie veldwerk het ’n groot rol in die oorwinning gespeel. Die tuis­span het daarna vier kolwers kleedkamer toe gestuur wat uitgehardloop is. Die tuisspan se boulers het ook hul deel gedoen, Links (10-1-27-2), Eldine Goliath (10-2-27-1), Julius (10-0-27-1) en Azees Adams (8-1-35-1) het gesorg dat die besoekers almal terug in die kleedkamers is vir 200 lopies. Atlantis se naasbestes het op sy tuisveld ’n vernederende nederlaag teen Glamorman gely toe die besoekers, wat eerste gekolf het, ’n goeie 281 lopies aangeteken het. Die tuisspan is egter daarna vir ’n skamele 60 lopies uitgeboul wat aan die besoekers ’n oorwinning van 221 lopies besorg het.
. Atlantis-krieketklub het Sater­dag 24 November ’n vernederende neder­laag van 100 lopies teen die besoekers, Glamorgan, op sy tuisveld gely. Die besoekers het eerste gekolf en 212 lopies aangeteken. Die tuisspan was uit die staanspoor onder druk en kon net 112 bymekaar­skraap.

Die Baggy Blues het nou twee van sy vier wedstryde verloor en sal beslis in sy volgende wedstryd 1 Desember weg teen Kensington weer momentum moet kry.

You need to be Logged In to leave a comment.