Wessie van der Westhuizen, die subraad 1-bestuurder, het ’n prys aan Claudine Arendse (links) oorhandig as sportvrou van die jaar in Wyk 29 terwyl Sasha Lee Davids, ’n voormalige Idol-wenner en deesdae TV-aanbieder, vir haar kulturele bydrae in Wyk 29 vereer is. Foto: Murphy Roberts


Die plaaslike subraad van wyk 29 het Donderdag 23 Mei verskeie gemeenskapslede vereer vir hul bydraes tot ontwikkeling in en om Atlantis.

Volgens Cynthia Clayton, wyksraadslid en voorsitter van Subraad 1, is die wyk gewis ’n beter gebied weens insae van gemeenskapsleiers. Clayton het voorts gesê die vennootskap tussen die Stad Kaapstad en die plaaslike gemeenskap is die steunpilaar vir sukses in die gebied.

“Dit sal ’n jaarlikse instelling word waar lede in die gemeenskap vereer sal word,” het sy gesê.

Van dié gemeenskapslede wat vereer is, was Sasha-Lee Davids, ’n voormalige Idols-wenner wat deesdae ’n aanbieder op Pasella is.

“Atlantis en wyk 29 is bevoorreg om persoonlikhede en opkomende sportsterre hier te hê,” het sy gesê.

Weskus Nuus se eie joernalis, Murphy Roberts, is ook vereer vir sy werk met betrekking tot plaaslike nuusdekking.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus – E-Edition 27 January 2026
    WeskusNuus – E-Edition 27 January 2026

Gift this article