Atlete neem deel aan kampioenskap

Vyf atlete van Atlantis en Melkbosstrand het Dinsdag na Potchefstroom gereis om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Primêre skole-atletiekkampioenskap.


Vyf atlete van Atlantis en Melkbosstrand het Dinsdag na Potchefstroom gereis om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse Primêre skole-atletiekkampioenskap.

Die kampioenskap is van 23 Maart tot 25 Maart gehou.

Dwayne Minnies (11), ’n gr. 6-leerder van Saxonsea Primêr, het tydens die kampioenskap in Potchefstroom gewys dat hy geen gelyke in sy afdeling het nie toe hy drie goue medaljes verower het.

Die stil, beskeie kaalvoet-atleet, wat een van Weskus Nuus se Let’s Play-wenners was vir 2016, het vir sy teenstanders hakskene gewys toe hy die 80 m- en 100 m-naellopetitels verower het vir seuns o.13.

Hy het daarna sy spanmaats gehelp om die 4 x 100 m aflos te wen.

Minnies, wat die 16 jaar oue 100 m nasionale rekord van 12.26 net-net gemis het, se wentyd was 12.44.

Minnies sê hy hardloop sedert graad R en wil graag eendag Suid-Afrika by die Olimpiese Spele verteenwoor-dig.

Hy sê voorts, almal kan iets in die lewe bereik as jy hard oefen en luister na jou afrigters. Hy raai ook jonger leerders aan om eerder die verkeerde dinge te los.

Volgens sy afrigter, Taswill Adams, is Minnies ’n besondere atleet omdat hy nie veel geoefen het nie. “En kyk wat het hy vermag!”

Adams sê Minnies het nog ’n lang steil pad, maar hy het die potensiaal om ’n groot naam in atletiek te word as hy reg bestuur word.

Die skool het ’n bymekaarkoms gereël met Minnies se terugkeer Sondagmiddag en hy is ook Maandagoggend tydens die oggendbyeenkoms vereer vir die prestasie. Anke Botha het 11de plek in die verspring en vierde plek in die aflos behaal.

You need to be Logged In to leave a comment.