Atletiek en sokker deel van sy lewe

D’ton Johnson is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-wenner vir Maart.


D’ton Johnson is Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-wenner vir Maart.

Dié 13-jarige Johson is ’n graad 7-leerder by Saxonsea Primêre skool en het hierdie jaar sy debuut vir Westelike Provinsie by die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms in Paarl gemaak.

Johnson, wat ook ’n kranige doelskieter vir sy sokkerklub Jomos Power is, het sy staal dié atletiekseisoen gewys.

Hy het by die WP-kampioenskap goud in die 800 m behaal.

Hy het by die Wes-Kaapse kampioenskap weer goud gekry, maar by die Suid-Afrikaanse kampioenskap net-net ’n plek op die podium gemis toe hy vierde geëindig het.

Johnson besluit nog of hy hierdie seisoen sy spykerskoene vir sokkerstewels gaan verruil, maar wees verseker dié jongman sal uitblink in enige sport wat hy besluit om aan te pak.

. Skole en afrigters in Weskus Nuus se verspreidingsgebied word genooi om hul atlete in te skryf om in aanmerking te kom vir die Let’s Play-wenner van die Maand. Die maandwenner se profiel sal in die koerant verskyn en hy/sy ontvang ’n geskenkpak van SuperSport.

Stuur ’n kort opsomming van die leerder se prestasies aan Murphy.Roberts@media24.com of bel 021 572 9090 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.