Aunty Babes se kerrievis

Goeie Vrydag beteken kerrievis, “of sommer net pickled fish of ingelegde vis – noem dit net wat jy wil,” sê Aunty Babes van Babblers Place, maar die week van Paasnaweek vul die reuk van asyn en kerrie die lug. Aunty Babes sê dis hoe haar ouma gepekel


Goeie Vrydag beteken kerrievis, “of sommer net pickled fish of ingelegde vis – noem dit net wat jy wil,” sê Aunty Babes van Babblers Place, maar die week van Paasnaweek vul die reuk van asyn en kerrie die lug. Aunty Babes sê dis hoe haar ouma gepekelde vis gemaak het en sê almal het maar hul manier om dit te maak.

Bestanddele:. 1 vars stokvis (snoek, kabeljou of geelstert kan ook gebruik word). 4 groot uie (gebruik meer uie as jy meer vis gaan maak). Sout na smaak. Suiker na smaak. 1 pakkie Pickled Vis-spesery (“Ek koop myne by die boekwinkel.”). 5 lourierblare (bay leaves). Bruin asyn (“Ek gebruik so twee koppies, maar alles hang af hoeveel vis jy maak.”). 500 ml water

Metode:

Die vis kan met of sonder meel gebak word. “Ek bak myne sonder meel dan trek die sous lekker in die vis.” Sny die uie in ringe en kook in klein bietjie olie. Moet nooit uie te pap kook maar dit moet ook nie hard wees nie. Voeg die res van my bestanddele en water by as die uie nog hard is sodat dit lekker met die uie kan prut. Proe gereeld en voeg by wat kortkom. Skep van die kerriemengsel in ’n bak en pak die vis in lae. Skep nog kerriemengsel oor en pak al die vis. Maak die bak toe en bêre in die yskas vir drie dae.

You need to be Logged In to leave a comment.