Baba-lykie: Niemand nog in hegtenis geneem

“Niemand is nog in hegtenis geneem nadat die oorskot van ’n pasgebore babameisie in ’n vullisdrom agter die polisiekantoor gevind is nie.”.


“Niemand is nog in hegtenis geneem nadat die oorskot van ’n pasgebore babameisie in ’n vullisdrom agter die polisiekantoor gevind is nie.”

Só se kapt. Cyril Dicks, Atlantis-polisiewoordvoerder.

“Die bewerings dat die ma en ’n manspersoon wat haar vermoedelik gehelp het om van die lykie ontslae te raak, is nie waar nie,” sê Dicks.

Volgens die Atlantis-polisie is twee persone wel vir ondervraging ingeneem, maar is weer vrygelaat aangesien die nadoodse ondersoek nog nie afgehandel is nie. Inwoners van Atlantis het woedend reageer nadat die lykie van ’n pasgebore babameisie Donderdag 7 Februarie in ’n swart broek in ’n groen vullisdrom agter die polisiekantoor gevind is.

Bewerings dat die ma voor die sentrum in die vroeë oggendure gekraam het en die baba se naelstring met ’n stuk glas afgesny het kon ook, volgens Dicks, nie bevestig word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.