Die Atlantis-krieketklub (Baggy Blues) het Saterdag 11 November sy Westelike Provinsie-krieketvereniging se wegwedstryd teen Bellville-Suid met 100 lopies gewen.
Kaptein Kurt Julius, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die manne van Atlantis het skitterend gevaar en het 236 lopies vir die verlies van sewe paaltjies in sy verpligte 50-boulbeurte behaal. Julius (52), Lukas Damonse (41), Carlo Solomons (37), Ashley Goliath (
Die Baggy Blues-boulers het daarna korte mette met Bellville se kolwers gemaak en die span vir 100 lopies uitgeboul.
Al die boulers het skitterend geboul en dis veral die veteraan Aziz Adams, wat die oog gevang het. Aziz het met die syfers van 10-7-12-5 geëindig. Atlantis se volgende twee wedstryde is ook weg – 25 November teen Glamorgan en 2 Desember teen Vishoek.