Atlantis-krieketklub (Baggy Blues) het Sondag 16 Oktober sy laaste T20-wedstryd teen Cravenby op hul tuisveld met 8 paaltjies gewen.

Die wen verseker dat die tuisspan deurdring na die semi-finaal van Westelike Provinsie Krieket-vereniging se Premier 1C-liga. Rodger August het die loot gewen vir die Baggy Blues en Cravenby eerste laat kolf. Dié kon slegs 106/5 aanteken in hul 20 boulbeurte.

Christopher Links 2/18 en Jevon Cloete 1/11 het skitterend geboul in hul 4 boulbeurte. Atlantis was gou in die moeilikheid toe hy Shane Summers (4) in die eerste beurt verloor het. Ashley Goliath (51*) en Rodger August (38) het egter 99 lopies aangeteken en Cravenby se boulers behoorlik geslag.

Atlantis speel op 30 Oktober in die semi-finale wedstryd. Die wenner speel in April 2017 op Nuweland. Atlantis se tweede span het ook in die reserwe-liga sy 50 boulbeurte weg, teen Somerset-Wes, met 92 lopies gewen. Jason Magerman het Atlantis se eerste honderdtal aangeteken in die wedstryd. Hy het ’n puik 118 lopies aangeteken en ias skitterend ondersteun deur Anre Parring (43) en Jaseen de Jongh (32).

Die tellings het Atlantis gehelp om 255/8 in 50 boulbeurte te behaal. Clayton Charles 3/7, Angelo Moses 2/13 en Aziz Adams 3/24 het Somerset-Wes tot 163 lopies almal uit beperk.

.Atlantis se eerste span speel die volgende vier weke tuis.

You need to be Logged In to leave a comment.