Baggy Blues tans derde op punteleer

Atlantis Krieketklub wil seker maak dat hulle die tweedaagse wedstryd teen Langa op hul tuisveld gaan wen.


Atlantis Krieketklub wil seker maak dat hulle die tweedaagse wedstryd teen Langa op hul tuisveld gaan wen.

Die Baggy Blues van Atlantis is tans derde op die punteleer in die Westelike Provinsie 1C tweedaagse liga-kompetisie.

Saterdag 18 Februarie het Langa die loot gewen en die Baggy Blues eerste laat kolf. Krisnan Oosthuizen 52, Regan Adonis 50*, Kurt Julius 32 en Justin Rooibaadtjie 19, het gesorg dat Atlantis 171 lopies behaal.

Ashley Goliath 5/31 was grotendeels verantwoordelik dat Langa slegs 112 lopies kon aanteken.

Saterdag 25 Februarie speel die tweedes en derdes tuis teen Victoria en Rylands onderskeidelik. Die eerste span speel weer teen Langa.

  • Atlantis se tweedaagse wedstryd teen Langa op Langa was gelykop. Hardnekkige kolfwerk deur die tuisspan het die Baggy Blues ontneem van ’n sege met 1 paaltjie. Atlantis het 66 boulbeurte in die tweede beurt geboul. Langa het die loot gewen en die Baggy Blues het eerste gekolf. Atlantis het die wedstryd op eerste beurt gewen en speel die volgende twee weke weg.

You need to be Logged In to leave a comment.