Baggy blues wen op streep

Hierdie week sal Atlantis-krieketklub hard moet werk om sy derde agtereenvolgende oorwinning aan te teken.


Hierdie week sal Atlantis-krieketklub hard moet werk om sy derde agtereenvolgende oorwinning aan te teken.

Die plaaslike span het Saterdag teen Elsiesrivier-krieketklub te staan gekom en het eerste gekolf. Die Baggy Blues het 200 vir 7 paaltjies in sy toegelate 60 boulbeurte aangeteken. Franklin Sampie 3/47 en Jevon Cloete 2/30 het die paaltjies ingeoes.

Die Baggy Blues het ook vyf vangkanse verbrou. Atlantis het danksy Shane Summers (52), Jevon Cloete (26), Justin Rooibaadtjie (16) en Kurt Julius (16) 174 lopies behaal. Dit was 26 agter Elsiesrivier se totaal maar skitterende boulwerk deur Regan Adonis 2/8 en Franklin Sampie 1/1 het Elsiesrivier tot 11/3 beperk met slegs ’n voorsprong van 37 lopies. Die wedstryd word Saterdag op Avonwood, Elsiesrivier afgehandel

  • Die Baggy Blues het hulle tweede tweedaagwedstryd in Westelike Provinsie se kompetisie ook met 6 paaltjies gewen. Rodger August het die loot gewen en besluit dat Seacrest eerste moet kolf. Dit was vir seker ’n verkeerde besluit, want die besoekers het 220 op die hondmak kolfblad aangeteken.

Links 3/39 en Eldine Goliath, ook met 3/39, was Atlantis se suksesvolle boulers. Atlantis het danksy Shane Summers 84, Regan Adonis 30*, Rodger August 23 en Kurt Julius 22, daarin geslaag om 200 lopies aan te teken. Atlantis se boulers het egter in die tweede beurt gemors met Seacrest en hulle uitgeboul vir ’n skamele 133 lopies.

Ashley Goliath 4/43 en Franklin Sampie 3/11 het met die bal uitgeblink vir Atlantis. Rodger August 55 en Kurt Julius 35 het vir Atlantis gehelp om die 154 lopies voor die etenspouse af te moker.

You need to be Logged In to leave a comment.