Ek is ’n inwoner van Atlantis en ’n natuurliefhebber. Ek geniet die blommeprag en bome in die natuur.
In 2004, het die Here aan my wysheid gegee om reënwater op te vang in dromme. Ek het na die munisipaliteit gegaan en navrae gedoen of dit enigsins moontlik is en of hulle my kan help om dromme te bekom. Die sê aan my dat dit ’n goeie idee is en hulle verskaf twee dromme. My man het ook vir my dromme bestel by die werksplek, waarvoor ek moes betaal. Ek het in ’n stadium omtrent 21 dromme gehad en het intussen van die dromme verruil vir ’n watertenk.
Ek het hierdie watertenk en dromme se opgaarwater gebruik vir my tuin, die wasgoed en toiletgeriewe. Die wat ek opvang, is ’n seën uit die Vader se hand. Wanneer die reëndruppels val, word dit in kanne en bottels oorgegooi. Sedert 2004 is my waterrekening van die munisipaliteit nooit meer as R50 nie. Die Here voorsien oorvloediglik, daar gee die Here God wysheid hoe om die voorsiening nuttig te gebruik. Aangesien watertekorte in die Wes-Kaap ’n realiteit is, wil ek deur my getuienis mense aanmoedig dat dit noodsaaklik is om reënwater op te vang. Ek sien uit na die volgende reënseisoen.