Balle om kinders uit die straat te hou

Twee organisasies sonder wins­bejag het koppe bymekaar gesit om kinders met sokkerballe te help.


Twee organisasies sonder wins­bejag het koppe bymekaar gesit om kinders met sokkerballe te help.

Volgens Mishka Ganief en Peter Gomez van die (Atlantis Concerned Citizens) ACC, is hulle reeds ’n geruime tyd be­sig om ’n oop veld in Grosve­nor­laan skoon te maak, waar kinders sokker kan speel.

Volgens Gomez, ondervoor­sitter van dié organisasie, wil hulle graag met die jongspan in Atlantis verenig en wil hulle vrede onder strydende groepe bewerkstellig. Hy sê kinders word gebrandmerk aan die omgewing waarin hulle woon en is nie welkom in ander gebiede nie.

Die motorgroep MK1 Life­style, wat gereeld by verskil­lende projekte betrokke is, sê hulle is baie opgewonde oor die projek en daarom het hulle die balle geskenk. Die groep sê verder hulle wil graag meer betrokke raak by die projek en gaan Gomez en sy span met ander toerusting ook bystaan.

You need to be Logged In to leave a comment.