Met die nuwe jaar in volle gang het baie mense Nuwejaarsvoornemens – goeie bedoelings en planne om die lewe vir onsself en dié wat ons lief het te verbeter.
’n Mens het ambisieuse doelwitte wat jy wil bereik, maar soos die meeste van ons al ervaar het, word hierdie voornemens voor einde Januarie vergeet.
Hoe kan ’n mens dan by ’n voorneme hou?
Dit verg baie moeite en energie om ’n doelwit saam te stel waarby jy gaan hou. Ernstige selfondersoek is nodig. Só ook insig rakende jou afbrekende gedrag en denkwyse. Vasbeslotenheid en ’n plan is baie belangrik – dieselfde is van toepassing vir verslawing.
Hoe kan ’n persoon hierdie selfondersoek doen in terme van verslawing?
Om met hierdie proses van selfondersoek te help, kan jy jouself die volgende vrae vra:
. Tot watter mate was die hooffokus van jou vakansie die gebruik van alkohol en/of dwelmmiddels?
. Hoe was jou vakansie deur dié middelmisbruik oorgeneem?
. Wat het die middelmisbruik van jou vakansie weggeneem?
. Sou jy graag wil hê dat dinge volgende vakansie anders moet lyk?
Indien jy “ja” op die vrae geantwoord het, wat kan jy daaraan doen?
Om van verslawing te herstel, verg baie moeite en toewyding.
Baie geluk met die dapper besluit, maar dit kan moeilik wees om hierdie besluit in aksie omskakel.
Onthou egter dat verandering tyd neem en dat jy geduldig met jouself moet wees.
Kyk uit in die volgende uitgawe vir praktiese raad oor hoe om met die herstelproses te begin.
Skakel Cape Town Drug Counselling Centre Atlantis by 021 571 7180 vir verdere inligting.