Skole moenie vergeet om hul sportpresteerders te benoem vir die Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-sportster van die jaar nie. ’n Nuwe jaar beteken nuwe pryse is op die spel.
Dié kompetisie, nou reeds ’n jaarlikse instelling in die dorp, gee erkenning aan skoolgaande kinders wat in sport uitblink.
Ons nooi skole, sportklubs en organisasies in Weskus Nuus se verspreidingsgebied om hul jong presteerders te benoem.
’n Wenner sal maandeliks aangekondig word en aan die einde van die jaar sal die algehele wenner oudergewoonte aangewys word.
SuperSport, wat die program saam met Weskus Nuus aanbied, neem die prysuitdeling op om dan op nasionale televisie uit te saai.
Maandelikse wenners ontvang ’n spesiale SuperSport Let’s Play-geskenkpak.
Hulle word ook ingeskryf vir die laaste ronde aan die einde van die jaar.
Skakel 021 572 9090 vir nog inligting of stuur ’n e-pos na: murphy.roberts@media24.com