Benoemings oop vir Let’s Play-wenners

Skole moenie vergeet om hul sportpresteerders te benoem vir die Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-sportster van die jaar nie.


Skole moenie vergeet om hul sportpresteerders te benoem vir die Weskus Nuus en SuperSport se Let’s Play-sportster van die jaar nie.

Dié kompetisie, reeds ’n jaarlikse instelling vir die afgelope drie jaar, gee erkenning aan leerders wat in sport uitblink. Ons nooi skole, sportklubs en organisasies in Atlantis, Mamre, Pella om hul jong presteerders te benoem.

Leerders moet by ’n skool ingeskryf wees.

Daar sal maandeliks ’n wenner aangekondig word en aan die einde van die jaar sal die algehele wenner oudergewoonte aangewys word.

SuperSport, wat die program saam met Weskus Nuus aanbied, neem die prysuitdeling op om dan op nasionale televisie te beeldsaai. Maandelikse wenners ontvang ’n spesiale SuperSport Let’s Play-geskenkpak. Hulle word ook vanselfsprekend ingeskryf vir die laaste ronde aan die einde van die jaar.

Stuur inskrywings aan murphy.roberts@media24.com of skakel 021 572 9090 of 021 572 7914 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.