Die Atlantis spesiale ekonomiese sone (SES) is besig om van krag tot krag te gaan nadat GreenCape verskeie inligtingsvergaderings die afgelope tyd gehou het.
Volgens Ursula Wellman van GreenCape was vergaderings goed deur die gemeenskap bygewoon.
Wellman het beklemtoon dat benoemings vir die belangrike komitee wat die gemeenskap gaan verteenwoordig 30 Januarie sluit en het organisasies aangemoedig om lede te benoem.
Die komitee sal die gemeenskap in die Atlantis-SES en al die rolspelers verteenwoordig.
Volgens Francis Jackson van GreenCape sal daar verkiesings tussen 31 Januarie en 7 Februarie wees.
Hy sê verteenwoordigers uit die agt sektore: vroue en mense met gestremdhede, onderwys, tradisionele raad en kultuurgroepe, sake, geloofsgegronde organisasies, jeug, georganiseerde arbeid en burgerlike organisasies sal verkies word en sal as die Atlantis SES-gemeenskap belangegroep netwerk (ASES-GBN) bekend staan.
“Die ASES-GBN word gestig om te verseker dat inwoners van Atlantis en omliggende gebiede ’n rol in die Atlantis SES speel en ook dat die gemeenskap se stem gehoor word, soos belowe deur president Cyril Ramaphosa by die amptelike bekendstelling 6 Desember,” sê Wellmann.
Die verteenwoordigers sal by ’n jaarvergadering 7 Februarie verkies en bekendgestel word. Datums van sektorvergaderings en die hoeveelheid setels is as volg: Donderdag 31 Januarie
Vroue en mense met gestremdhede (1)
Jeug (1)
onderwys (3)
Vrydag 1 Februarie
Tradisionele raad en kulturele groepe (1)
Georganiseerde Arbeid (2)
Ondernemings (3)
Saterdag 2 Februarie
Geloofsgegronde organisasies (2)
Burgerlike organisasies (2)