Beste regshulp vir sekspes-prokureur

Hy kon slegs R1000 van sy R2000 borg betaal omdat hy glo werkloos is. Nou het die voormalige seniorstaatsaanklaer by die Atlantis-hof, een van die land se voorste prokureurs aangestel om hom te verteenwoordig.

Die 42-jarige man van Malmesbury het Vrydag 30 Junie aan landdros Elsa van Zyl in die Parow-hof gesê William Booth gaan hom verteenwoordig.

Die verdagte wat nog nie gepleit het nie, verskyn op klagte van seksuele aanranding en die besit van pornografie. Hy is op 29 Desember in hegtenis geneem en die volgende dag op borgtog vrygelaat. As deel van sy borg-voorwaardes moet die man in Robertson woon.

Die verdagte het met sy eerste verskyning aan die landdros gesê hy wag tot die ondersoek afgehandel is voordat hy oor regshulp besluit omdat hy glo nie een kan bekostig nie. Landdros van Zyl het die saak uitgestel tot 7 Augustus vir konsultasie.

You need to be Logged In to leave a comment.