‘Bewaarder’ gevang vir besit van dagga

Die Atlantis-polisie het ’n man wat hom voorgedoen het as ’n bewaarder vir die besit van dagga in hegtenis geneem.


Die Atlantis-polisie het ’n man wat hom voorgedoen het as ’n bewaarder vir die besit van dagga in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Cyril Dicks, ’n polisiewoordvoerder, het lede van die misdaadvoorkomingseenheid Vrydag 16 Februarie ’n man in die Klein Dassenberg-rylaan sien ryloop.

Die polisielede het by die man gestop wat homself toe as ’n bewaarder by die Malmesbury-gevangenis geïdentifiseer het.

Volgens Dicks het die flink polisielede egter nie hiervoor geval nie en gevra of hulle hom kan visenteer. Daar is dagga en selfone, vermoedelik gesteel, by die man gekry en hy is in hegtenis geneem vir in besit van dagga en vermoedelike gesteelde goedere.

Daar is by die Malmesbury-gevangenis bevestig dat die man nié ’n bewaarder is nie. . In ’n ander voorval is drie mans in hegtenis geneem ná ’n sakeperseel beroof is. Volgens Dicks, het die verdagtes van 25, 30 en 35 jaar, ’n huiswinkel in St. Jozestraat, Saxon Sea 10 Februarie van kontant, ’n selfoon en sigarette beroof. Die drie rowers wat steeds in hegtenis is, sal weer 27 Februarie in die landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.