Blou Duiwels laag op punteleer

Met die relegasie-spook wat oor hulle koppe hang, het Jomos Power Saterdag 18 Februarie vir Milano United op Rooikrans, Grassy Park met 3-1 geklop.


Met die relegasie-spook wat oor hulle koppe hang, het Jomos Power Saterdag 18 Februarie vir Milano United op Rooikrans, Grassy Park met 3-1 geklop.

Daar is ’n moontlikheid dat die vier laaste spanne – waaronder Jomos val – nie die byl gaan vryspring nie, maar die wegoorwinning was ’n sprong in die regte rigting vir die Blou Duiwels.

Jomos Power het eerste bloed geruik toe Nathaniel van Graan in die eerste 15 minute van die spel ’n doel behaal het, na ’n puik stukkie spel van die veteraan, Wayne Hare.

Jomos se verdediging het hulle egter weer in die steek gelaat toe Milano net voor die pouse ’n doel behaal het.

Minute na die aanvang van die tweede helfte het van Graan weer vir Hare gehelp om sy eerste doel van die wedstryd aan te teken.

Asemrowende spel deur John van Graan het die einste Hare in staat gestel om sy tweede doel aan te teken.

  • Ander uitblinkers vir die Blou Duiwels in die pragoorwinning was Keaton Rossouw en Virgil Sampson.Op Saterdag 25 Februarie het die Blou Duiwels egter weer vasgeval teen FC Cape Town op Saxonsea-sportveld.

Geharde ondersteuners van Jomos Power is baie kwaad, want elke wedstryd van hul span is nou kosbaar, veral die op hul tuisveld.

Die wedstryd was baie gelykop in die eerste helfte en Jomos Power het ook Wayne Hare met ’n besering verloor in die eerste 10 minute van die wedstryd.

’n Fout 5 minute na die pouse, deur die doelwagter van Jomos Power, het die besoekers in staat gestel om hulle doel te behaal.

Na dié het albei spanne kanse gehad om doele aan te teken, maar hul doelskieters kon nie afrond nie.

Jomos het ook ’n kans in die doodsnikke verbrou.

You need to be Logged In to leave a comment.