Die vakansie is hier wat beteken die kleinspan raak dalk rusteloos. Weskus Nuus het van die vakansiepret aangepas en deel ’n paar wenke vir ouers én kinders om besig te bly. . Indien jy bekommerd is die kinders kry nie genoeg oefening nie, stel ’n hindernisbaan op. Gebruik kussings, speelgoed en ander alledaagse artikels om ’n baan te maak waar die kinders kan hop, hardloop en deurkruip.. Begin in die kombuis en kry die kinders om te help. In plaas daarvan om gemorskos te eet, laat die kleinspan help om gesonde happies en geregte voor te berei. Bak-en-brou-aktiwiteite moet volgens kinders se ouderdom aangepas word. Kleiner kinders kan basiese take soos meng en roer verrig en koekiedrukkers gebruik. Die internet is vol flink, skeppende en maklike kos-idees, en moenie vergeet om na Weskus Nuusse Facebookblad te loer nie.. Maak iets skeppends. Gee kinders se hande werk deur skeppende projekte aan te pak. Kry kryt, kleurpenne en papier en maak versierings. Gebruik ou klere en gee dit nuwe lewe met kleursel – wat sommer in die agterplaas gedoen kan word. Maklike projekte om aan te pak, is produkte soos boekmerkers, papierblomme en juweeltjies met krale. Papier-maché is ook altyd ’n wenner en ’n goeie manier om jou ou koerante te herwin. Handewerk kan ook as geskenke uitgedeel word. Die projekte sal die kinders se oë weg van hul skerms kry.. Skryf briewe vir jou maats. Kuiers by vriende en familie is nie altyd oor Kerstyd moontlik nie, maar dit beteken nie kommunikasie moet stop nie. Maak kaartjies en skryf briewe vir oupa en ouma of skoolmaatjies wat jy dak nie die vakansie kan sien nie.. Hou ’n selfsorg-dag. Goeie higiëne is noodsaaklik om die gesond te bly, maar dit beteken nie dit kan nie prettig wees nie. Maak tuisgemaakte badprodukte en ’n paar selfsorg-maskers met eenvoudige bestanddele uit die kombuis soos hawermout, heuning en growwe sout.. As deel van jou selfsorg-dag, begin met joga of meditasie. Om kalm te bly en oefening te kry, is twee van die moeilikste dinge om te handhaaf, maar om die gewoonte van joga en meditasie aan te leer, is goed vir die groot- en kleinspan. Gelowiges kan hierdie tyd gebruik om met hul kinders oor hul geloof te praat of om saam te bid.. Met so baie ure in die Kersvakansie by die huis is daar tyd om ’n storie of selfs ’n toneelstuk te skep. Voer dit op – of dit met die gesin is wat as akteurs optree of ’n poppekas. ’n Talent-kompetisie werk ook goed, maar dit maak nie saak watter soort opvoering dit is nie – moenie vergeet om kostuums aan te trek nie!. Stof daardie ou legkaarte en bordspeletjies af. Dit is ’n maklike manier om die hele gesin ure lank besig te hou. Vorm spanne en kyk wie die beste saamwerk – aktiwiteite wat die gesin saam kan besig hou, is altyd ’n wenner.
Bly feestyd só besig
Die vakansie is hier wat beteken die kleinspan raak dalk rusteloos. Weskus Nuus het van die vakansiepret aangepas en deel ’n paar wenke vir ouers én kinders om besig te bly. . Indien jy bekommerd is die kinders kry nie genoeg oefening nie, stel ’n hi
Share this post:
