Bomdreigement: lidmate ontruim

Lede van die Nuwe Apostoliese kerk, Mamre-gemeente, moes noodgedwonge die gebou ontruim na gerugte van ’n bomdreigement op Palmsondag.


Lede van die Nuwe Apostoliese kerk, Mamre-gemeente, moes noodgedwonge die gebou ontruim na gerugte van ’n bomdreigement op Palmsondag.

Volgens ’n bron het die leiers inligting ontvang dat daar ’n bom in die gebou is. Die gemeente is omstreeks 09:15 ontruim en die polisie se bomeenheid is ingeroep. Daar is glo geen plofbare stowwe gevind nie, maar die eenheid het nie kanse gevat nie en ander wonings in Liedemanstraat ook laat ontruim.

Volgens Kennard Kotzè, woordvoerder van die Nuwe Apostoliese kerk, is daar soortgelyke dreigemente ook by ander gemeentes in die Kaap gemaak. Hy het gesê die bomdreigemente word deur die polisie ondersoek. Teen druktyd het die Atlantis-polisie nog nie op Weskus Nuus se vrae gereageer nie.

You need to be Logged In to leave a comment.