Laerskool-leerders het weer die afgelope naweek gewys wat in hulle steek tydens die jaarlikse Champs of champs-byeenkomste.
Die topatlete van die 15 skole in Atlantis en Melkbosstrand (kring 10) het teen mekaar meegeding op Wesfleur-park.
Wenners tydens die byeenkoms is in ’n kringspan opgeneem, wat op 18 Februarie aan die Metro Noord-byeenkomste by die Bellville-velodrome gaan deelneem.