Die Charismata Geloofsending Internasionaal Atlantis-tak het op Saterdag 24 Junie ’n high tea gehou om geld in te samel vir die gemeente.
Die high tea, wat by die Shammah Faith Mission kerk gehou is, is deur sowat 100 vroue bygewoon en suster Welma Johannes het die vroue toegespreek.
Die tafels is met allerlei lekkernye versier en die vroue het ’n geseënde middag in mekaar se geselskap ervaar.
Pastoor en suster Eva en Jacobus Swanepoel bedank almal vir hulle ondersteuning, spesiaal ook die moeders van die Charismata Geloofsending vir hul bydrae tot die sukses van hier besondere funksie.