Die Wes-Kaapse Cranes-vlugbalspan met vier spelers en hul afrigter van Atlantis het in die onlangse nasionale kampioenskap die eindstryd gehaal, maar vasgeval.
Spanne van al nege provinsies het in die kampioenskap meegeding.
Volgens die afrigter van die Atlantis Eagles-span, Nathan Pretorius, wat ook die provinsiale span se afrigter was, het sy span hulle puik van hul taak in Gauteng gekwyt.
Die provinsiale span het Saterdag 6 Julie die Limpopo Warriors in die halfeindstryd met drie stelle teen nul vir ’n plek in die eindstryd geklop.
Pretorius sê Sondag se eindstryd teen KZN was baie gespanne en sy spelers kon egter nie die Durbaniete klop nie. Die span van die Wes-Kaap het die onderspit 0-3 gedelf en die silwer beker beklink.
Die spelers van Atlantis wat die provinsiale span verteenwoordig het, was Jenoma Jullies, Ethan May, Kishaan Carolous, Leonardo Booysen en die hoofafrigter, Nathan Booysen.