Daar is ’n plekkie net so buitekant die Kaap
’n Entjie se ry wat jou nogal sal laat gaap
Alle kleur mense hier in ’n huis jy sal vind
Vreemdelinge, tog in hartseer saam gebind
Verlore en gebroke kom hulle hier aan
Hulle stories dit van nagmerries bestaan
Veilig nou van agter ’n muur, begin hulle genees
Voeding vir gemoed, siel en vlees
Hoor hoe ’n huil verander in ’n lag
Hoop gegee vir nag en dag
Prysloos die huis, sy mense, sy waarde
Geval uit die hemel tot op die aarde
Vir ewig dankbaar is my hart se kreet
Want nooit sal my hart die huis kan vergeet . . . -Anita, vir United Sanctuary