Dagga in gat gevind

Inwoners van Mamre het onlangs gewys dat samewer­king tussen polisie en die gemeenskap vrugte kan afwerp.


Inwoners van Mamre het onlangs gewys dat samewer­king tussen polisie en die gemeenskap vrugte kan afwerp.

Inligting uit die gemeenskap 17 Mei het na ’n groot daggavonds gelei.

Volgens kapt. Cyril Dicks, polisiewoordvoerder is dit ’n duidelike boodskap aan dwelm­base dat die gemeenskap moeg vir hul bedrywighede is en is dit ook ’n bewys dat vennoot­skap­­pe tussen die polisie en gemeenskap ’n wenresep is. Volgens Dicks was die dagga agter die huis in Mamre binne ’n diep gat begrawe, maar die inligting was so presies dat die polisie voorbereid gegaan het en die dagga opgegrawe het. Die dagga was in ’n vullisdrom en kartonbokse versteek, sê Dicks. ’n Verdagte (34) is op die toneel deur die polisie in hegtenis geneem en het in die plaaslike hof op klag van handel en besit van dwelms verskyn.

Die stasiebevelvoerder kol. Michael Ledimo en klusterhoof, maj.genl. Aneeqa Jordaan, het die gemeenskap geprys vir hul samewerking en sê niks is onmoontlik met hulle hulp nie.

You need to be Logged In to leave a comment.