Dagsorgsentrum kry groot hulp

Die Emmanuel-dagsorgsentrum wat kinders versorg wat spesiale aandag nodig het, het onlangs skenkings uit verskillende oorde ontvang.


Die Emmanuel-dagsorgsentrum wat kinders versorg wat spesiale aandag nodig het, het onlangs skenkings uit verskillende oorde ontvang.

Die Margot Pickard-trust het ’n nuwe bussie aan die sentrum oorhandig en raadslid Barbara Rass het ook skenkings aan die sentrum uit haar wyktoelae gegee.

Volgens Rass heers ’n groot nood by die sentrum en ouers moet besef wat hul rol in hul kinders se lewe is, sê Rass. “Ander sentrums in en om Atlantis kry groot skenkings van plaaslike sakeondernemings terwyl Emmanuel aan die agterspeen suig,” meen sy.

Volgens Joyce Anderson, die sentrumbestuurder, is die nood groot.

Sy vertel moedeloos hoe hulle vleis en ander goed by mense moet stoor. “Die nuwe bussie beteken so baie want ons het gesukkel om die kinders by die sentrum te kry,” verduidelik Anderson.

Rass het by die oorhandiging beloof om nog skenkings te kry. Sy het Vrydag 12 April opvoedkundige speelgoed en ander goedere aan nog 19 kleuterskole oorhandig.

You need to be Logged In to leave a comment.