Gio’s Dansskool gaan in Oktober aan sy derde Rumba in the Jungle deelneem.
Dié jaarlikse internasionale danskompetisie vind van 24 tot 27 Oktober by Sun City naby Rustenburg plaas.
Volgens Giovanni Stevens, dansafrigter, trek sy skool finansieel moeilik en sal slegs ses paartjies dié jaar kan gaan.
Elke danspaartjie moet self sy koste dek en die inskrywingsgeld alleenlik is R450 per danser.
“Uit die 25 dansers wat tans by die skool is, is dit hartseer om die teleurstelling op die kindergesiggies te sien wat dit nie kan bekostig om te gaan nie,” vertel hy.
Dié Ballroom-instrukteur sê sy ideaal is om al sy leerders na die kompetisie te laat gaan en hy wens ’n barmhartige samaritaan kan hulle help om ál die dansers se droom te bewaarheid.
Enigeen wat ’n bydrae tot die dansers se koste wil maak, kan Stevens by 063 678 4557 bel.