Blaine Borez (14) en Rogaja Saaiman (14) het R70 000 nodig om hul talent in Denemarke tussen 1-6 Julie by die Somerdanskompetisie ten toon te stel.
Dié danspaar, wat reeds vier jaar saam dans en skoonskip gemaak het in al die 27 kompetisies waarin hulle deelgeneem het, sê die kompetisie in Denemarke is die geskikte geleentheid om teen die res van die wêreld te kompeteer omdat verskeie voormalige wêreldkampioene ook daar gaan wees.
Die paartjie is egter bekommerd dat dit slegs ’n droom sal bly, maar is positief dat hulle wel daar gaan uitkom.
“Ons wil net dans en vir die res van die wêreld wys dat hier beslis baie talent in Atlantis is en dat nie almal dwelms gebruik of aan bendes behoort nie,” sê die paartjie.
Die twee het reeds provinsiale en nasionale kleure verwerf. Hulle meen die kompetisie kan net tot hul voordeel wees en hulle sal alles moontlik doen om daar te kom.
. Enigeen wat graag wil help kan Blaine by 065 910 0886 of Rogaja by 074 798 7247 bel.