Danspassies bring Cassidy tot Sun City

Cassidy Poole (10) dans reeds twee jaar die dansvloer aan die brand.


Cassidy Poole (10) dans reeds twee jaar die dansvloer aan die brand.

Die gr. 4-leerder aan Van Riebeeckstrand Primêr neem professionele dansklasse by die Borez-dansskool in Sunningdale.

Sy het aanvanklik die dansers op televisie gesien en onmiddellik het die gogga haar gebyt. Sy het reeds ses maande na sy met klasse begin het aan kompetisies begin deelneem.

Sy oefen vier dae per week. Haar gunstelingpassie is die quick-step, omdat dit ’n opgewekte en prettige dans is. Cassidy sê sy sien daarna uit om mooi kostuums aan te trek wanneer sy meer gevorderd is. Brons-, silwer- en goue deelnemers dans in swartnommertjies.

Die baldanser het al verskeie goue medaljes losgedans en het ook al 10 trofeë gewen.

Sy verteenwoordig haar klub van 2-6 Augustus in ’n internasionale danskompetisie by Sun City, waar 52 lande van regoor die wêreld gaan deelneem.

Cassidy het R9 000 nodig om aan die Sun City-kompetisie deel te neem en vra graag besighede of individue om haar te borg.

Kontak haar ouers by 071 117 1847 of 079 744 2225.

You need to be Logged In to leave a comment.