Vir jare het seuns en meisies in Darling niks gehad om te doen in die somermaande nie.
Verskeie organisasies, waaronder Darling Outreach, het hulle oor die kinders ontferm en nou is Darling krieketklub, wat vanjaar 58 jaar oud is, ook besig om sy deel by te dra om kinders – veral jong seuns, van die pad te hou.
Die klub het verlede seisoen begin met mini-krieket en hierdie seisoen het hulle ’n ontwikkelingspan (ouderdom wissel van 15 tot 20 jaar) op die been gebring.
Daar is tans drie spanne betrokke by die mini-krieket; o.10-span en twee o.12-spanne.
“Ek wil ook net noem dat ons eerste span van die klub tans in die Boland eerste divisie-afdeling tans onoorwonne is, in die 50 beurt-kompetisie en ook deur is na die finaal van die pro20 kompetisie wat op 8 April by die Boland-stadion in Paarl plaasvind,” verduidelik Shelton Adams, voorsitter van Darling-krieketklub. Adams vra dat enige iemand wat die klub se projekte wil borg hom kontak by 083 650 0707.