Soos in die vorige uitgawe genoem is, verg dit baie moeite om van verslawing te herstel. Hieronder bespreek ons ’n paar stappe om hierdie proses te vergemaklik.. Kry hulp en ondersteuning: Om te herstel, kan nie alleen gedoen word nie. Dit kan baie help om ’n professionele behandelingsprogram soos, Cape Town Drug Counselling Centre se program by te woon. Dit is ook ’n goeie idee om ’n ondersteuningsgroep by te woon, soos Narcotics Anonymous (NA). Self help groepe soos NA of Alkoholiste Anoniem (AA) vorm ’n baie belangrike gedeelte van die program. Hierdie is ’n 12-stap program wat deur recovering addicts gebruik word. Dit is ’n plek vir verslaafdes om bymekaar te kom en mekaar te help en te ondersteun in moeilike en goeie tye. Daar is ’n NA in Atlantis in Avondale Woensdae om 19:00.. Betrek jou familie in die proses: Dit mag dalk moeilik klink, maar dit is ’n belangrike stap in die herstelproses. Nooi jou familie om jou terapeut te ontmoet. Deel eerlik met hulle en hou op om geheime te hou. Familie en vriende speel ’n baie belangrike rol in die motivering van verslaafdes om behandeling te kry en so ook in behandeling te bly. Om familie of vriende betrokke te kry, kan die herstelproses van die verslaafde heelwat versterk. Soms neem familielede problematiese rolle in die familiestruktuur aan. Dié rolle veroorsaak dan dat die familie “siek” bly plus dit gee die verslaafde geleentheid om die middel aan te hou gebruik. Daarom is dit belangrik dat die familie ook seker maak hulle verstaan wat verslawing is, en hoe om daar mee te werk.. Raak wys: Identifiseer wat jou triggers is. Dit is die dinge wat maak dat jy weer wil gebruik en kan dus tot ’n terugval lei. Dit kan amper enige iets wees, maar is gewoonlik emosies, mense, plekke en dinge wat jou herinner aan jou middelmisbruik. Volgende moet jy die verantwoordelikheid neem om hierdie triggers te hanteer. Byvoorbeeld, om die plek wat jou trigger is te vermy, byvoorbeeld om nie meer pub toe te gaan nie.. Wees bereid om jouself uit te daag: Wees bereid om toegewyd te raak en alles in te sit vir jou herstelproses. Soos wat ons vroeër genoem het, die herstelproses neem baie tyd en moeite. Die waarheid is dat dit ’n lewenslange proses is. Dit is nie iets wat oornag gaan gebeur nie. Dit mag dalk gebeur dat jy moedeloos begin voel as veranderinge nie so vinnig gebeur as wat jy graag wil hê dit moet gebeur nie. Die geheim is om geduldig te bly en steeds te volhard in die positiewe veranderinge wat jy besig is om te maak. Die herstelproses is ’n totale lewensverandering, dit is moontlik die grootste uitdaging wat jy in jou hele lewe gaan teëkom, maar die herstelproses maak dit die moeite werd. . Skakel Cape Town Drug Counselling Centre op 021 571 7180 vir verdere inligting.
Deel 2: Begin jou herstelproses
Soos in die vorige uitgawe genoem is, verg dit baie moeite om van verslawing te herstel. Hieronder bespreek ons ’n paar stappe om hierdie proses te vergemaklik.. Kry hulp en ondersteuning: Om te herstel, kan nie alleen gedoen word nie. Dit kan baie h
Share this post: