Oorvleuelende aandag word gegee aan die swaarkry van ouers wat ’n kind het wat verslaaf is: Aan die vrou van ’n man wat ’n alkoholis is, of aan die kinders van ’n ma wat ’n heroïenverslaafde is, maar dié wat dikwels vergete bly in gesinne met verslawing, is die sibbe van die verslaafde persoon.
Hul word op soveel vlakke beïnvloed (soos onder uiteengesit), maar dikwels word hulle misgekyk. Hulle behoeftes word misgekyk, hulle word deurskynend of kan selfs as die “verlore kinders” van verslawing beskou word.. Verlies aan ouerlike aandag: In gesinne wat onder verslawing deurloop, is die fokus meestal op die verslaafde kind. Ouers bring baie tyd deur om die verslaafde kind te probeer “red” of “reg te maak”. Hul word van emosionele energie getap. Binne hierdie chaotiese omgewing bly daar baie min oor vir die ander kinders in die huis, soos die broers en die susters van die verslaafde persoon.. Verlies aan kommunikasie: Kommunikasie binne die gesin word geweldig negatief beïnvloed. Wanneer kinders voel asof hulle nie gehoor word nie, verminder die verwagtinge wat hulle van hul ouers het. Hulle leer dat hulle nie op hul ouers kan staatmaak nie. Hulle begin om hul gevoelens weg te steek, eerder as om daaroor te praat. . Verlies aan regverdigheid: Die kind raak bewus daarvan dat hul verslaafde broer of suster wegkom met onaanvaarbare gedrag, soos om leuens te vertel of om te steel. Verder bestee hul ouers baie geld en tyd op die verslaafde boetie of sussie, byvoorbeeld, soos vir behandeling. Dit skep die verkeerde indruk dat die verslaafde persoon voorgetrek word. Dit mag vir die kind voorkom of die verslaafde persoon se behoeftes belangriker as ander gesinslede se behoeftes is. . Verlies aan eerlikheid en vertroue: Indien hulle nie weet hoe om dinge te hanteer nie, kan kinders leuens vertel en geheime hou om die verslaafde persoon te probeer beskerm. Hul kan ook gedreig of gemanipuleer word om namens die verslaafde persoon leuens te vertel. Hulle mag moontlik verdeeld voel tussen lojaliteit teenoor hul ouers en hul verslaafde broer/suster. Die belangrike waardes van eerlikheid en vertroue gaan verlore in hierdie gesin. . Verlies aan ’n verhouding met die verslaafde persoon: Wat moontlik voorheen ’n goeie en gesonde verhouding tussen die kind en die verslaafde persoon was, gaan vinnig agteruit wanneer verslawing voorkom. Persone wat verslaaf is, is geneig om hul verslawing hul eerste prioriteit te maak. Eerder as om tyd saam met die familie deur te bring, bestee die verslaafde persoon tyd saam met ander mense wat gebruik. . Verlies aan veilige huislike omstandighede: Die verslaafde persoon steel moontlik geld of besittings van die res van die gesin. Waardevolle juwele mag dalk van die kind gesteel word en verkoop word om geld vir dwelms in die hande te kry. Daar mag ook voorvalle van geweld in die huishouding wees. Hierdie voorvalle laat die kind bang voel, wat dus die veiligheid in die huis verlaag. . Vrees vir verdere verliese en ongeluk binne die gesin: Die kind is nie seker wat aangaan nie. Hulle mag vrees dat dinge erger gaan raak, byvoorbeeld dat hul pa uit frustrasie aggressief teenoor die verslaafde persoon sal optree, of dat hul ma uit desperaatheid sal selfdood pleeg.Watter hulp kan aan die broers of susters van ’n verslaafde persoon gebied word? . Kinders jonger as 12 jaar kan die halfdagfamilie-werksessie by Cape Town Drug Counselling Centre Atlantis bywoon. . Beraders en terapeute moet ouers bewyus maak van die fisieke en emosionele behoeftes van hul kinders wat nie verslaaf is nie. . Die verslaafde persoon se broers en susters moet toegelaat word in gesinsessies by die huis, sowel as terapeutiese gesinsessies by die behandelingsentrum. . Hul kan genooi word om ondersteuningsgroepe soos Naranon by te woon. . Die gesin kan gesinsterapie by organisasies soos Famsa ontvang.. Die kind kan moontlik individuele berading benodig. Die trauma wat hy/sy deurgegaan het, kan in die onderbewussyn en onverwerk bly, wat vir hul probleme later in hul lewe kan veroorsaak.
Vir verdere inligting kontak gerus Cape Town Drug Counselling Centre op 021 571 7180.