Uit Hoofstuk 1:
Jhonny Magic, enigste seun van Oom Zaal en Aunty Maggie, droom daarvan om eendag ’n professionele sokkerspeler te word. Sy ouers het dit nie breed nie en hy hoop om ’n beter lewe vir hulle te skep met sy talent. Hy gaan hoërskool toe en hier ontmoet hy sy nuwe beste vriend, Zane Gevaarlik, ook ’n talentvolle doelwagter. Is Zane die antwoord op Jhonny se omstandighede of bring die twee se vriendskap ander uitdagings?

Johnny Magic droom reeds sedert sy laerskooldae om sokker op Old Trafford te speel.

Sy ouers kan hom nie finansieel ondersteun nie, maar sy nuwe vriend Zane “Gevaarlik” kom tot sy redding om saam met die skool oorsee te gaan toer deur hom ’n rol note te gee om hiervoor te betaal. Jhonny het nog net sóveel note op televisie gesien. Kan Magic die versoeking van die mooi klere en meisies weerstaan?

Johnny en Zane kan hul opgewondenheid nie keer nie. Die twee is opgeneem in die Suid-Afrikaanse skolesokkerspan nadat hulle die keurders beïndruk het met hul skills op die veld.

Diep binne Magic weet hy as daar nie gou geldjies gaan kom nie kan dit dalk die einde van sy sokkerdrome wees, want die toer einde van die jaar gaan baie kos.

Hy sal moet betaal vir sy toerusting en vliegtuigkaartjie. Zane kan sien iets pla sy spanmaat en gooi ’n klip in die bos.

“Is jy nie bly ons het die span gehaal nie,” wou hy by Johnny weet. “Dis nie dit nie,” kap Jonnny terug. “Ek gaan eers lank met my ouers moet praat voor ek ’n besluit neem,” mompel hy. “Ons gaan op daai vliegtuig wees ou Magic jy sal sien,” sê Zane. Aunty Maggy het byna die dak af geskree toe haar kind sê hy is in die span opgeneem. “Liewe Vader, Zaal het jy gehoor die kind is besig om ’n sokkerster te word?”

Oom Zaal skud net daai bottel om seker te maak hy tap die laaste druppel uit, skud net sy kop en mompel: “Ek wonder waar gaan die geld vandaan kom.”

“As jy dalk minder suip en ’n beter werk kry,” laat Aunty Maggy hom stik in sy laaste bietjie voggies.

Met slegs drie maande oor voor die twee hul land in die Afrika-skolekam­pioen­skap moet verteenwoordig het Magic alles probeer om positief te bly – dat daar wel geld gaan wees vir hom.

Intussen het Zane meer aandag van die skoolmeisies gekry, want hy is skielik Mr Swagg. Hy deel geld left right en centre uit soos een wat met ’n goue lepel in die mond gebore is.

“Kom ná skool saam met my. Ek wil hê jy moet iemand ontmoet,” nooi Zane vir Jhonny saam.

Johnny het maar traag en sonder lus saamgedrentel. Paul Drawid oftewel, Mister Money soos hy genoem wil wees, is een van die dorp se mees gevreesde en gewetenlose manne, maar het die tieners hartlik in sy weelderige huis ontvang. Die oorvloed van geld is oral sigbaar merk Magic op. “Dit is ons toekomstige sokkerster,” stel Gevaarlik vir Jhonny voor.

“So, Magic hoe gaan dinge by die huis,” vra Mister Money, wat regtig omgee, deur sy tande, amper te bang die goud val uit.

Voor Magic kan antwoord, druk hy ’n rol note in Magic se hande’ en mompel weer. “Gaan sort jou uit. Jy kan nie so rondloop nie. Koop klere en ’n selfoon”. Magic het dae later eers tot verhaal gekom nadat Zane hom oortuig het hy hoef oor niks bekommerd te wees nie. Aunty Maggy kon haar oë nie glo toe die kind met die sakke nuwe klere by die huis aankom nie en wou met alle mag weet waar hy geld gekry het. “Dit is maar net ’n nuwe borg,” kap Magic terug, “niks om oor opgewonde te raak nie, ma.” Magic word gou deel van die skool se elite-groep en het oornag in ’n Griekse god verander, want elke tweede meisie wil hom kontak.


. Volgende hoofstuk
: Magic se punte verswak en die afrigter raak moedeloos. Gaan Magic eendag sy skills op Old Trafford kan wys of sal dit verewig net ’n droom bly?

You need to be Logged In to leave a comment.