Dít ‘gaan jaagduiwels help’

Dit het baie “hard praat” gekos, maar die stryd is gewen, meen wyksraadslid Cynthia Clayton nadat kontrakteurs verlede week begin het met die installasie van ligte in Klein Dassenberg-rylaan.


Dit het baie “hard praat” gekos, maar die stryd is gewen, meen wyksraadslid Cynthia Clayton nadat kontrakteurs verlede week begin het met die installasie van ligte in Klein Dassenberg-rylaan.

“Ek self het ’n paar benoude oomblikke op die donker pad ervaar,” sê Clayton.

Rondloperdiere is ook voortdurend ’n probleem op die donker pad.

Die nuwe ligdiodeligte wat nou aangebring word, sal in drie fases gedoen word met fase een wat tot by die afdraai van Hermes-rylaan sal strek.

Fase twee en drie sal in die volgende finansiële boekjaar gedoen word, verduidelik sy.

Inwoners het behoorlik gal op sosiale media gebraak en gesê die ligte gaan jaagduiwels nou net beter “help” omdat daar ligte is. Die pad word veral naweke vir onwettige renne gebruik.

“Alles kan nie net in ’n negatiewe lig gesien word,” het een geskryf.

Sommige inwoners het ook vertel dat verskeie mense hul lewe verloor het weens rondloperdiere wat in die donkerte oor en weer oor die pad loop.

Volgens Barbara Rass, ’n plaaslike raadslid, het die diefstal van die ligte op die ou Mamre-Darlingpad die Kaapse stadsraad reeds duisende rande uit die sak gejaag. Rass meen diefstal is ’n wesenlike probleem en maniere moet gevind word om die hok te slaan.

You need to be Logged In to leave a comment.