Die Atlantis drankforum het Dinsdag 22 November sowat 85 seniors van die dorp met ’n kersete in die Dollies-konferensiesaal bederf.
Volgens Margaret Swartz, voorsitter van die forum, is dit hulle doel om uit te reik na die gemeenskap van Atlantis. Swartz sê voorts die sukses van die dag was duidelik te bespeur op die seniors se gesigte terwyl hulle gesmul het aan die lekker disse wat deur lede van die forum voorberei is.
“Atlantis se inwoners lê vir ons na aan die hart,” gesê.
Die forum gaan voortaan opheffingswerk in die gemeenskap doen en een van hul eerste doelwitte is om mense op te voed rondom verantwoordelike alkoholverbruik.